reSEPTE: kruiskyk KOS VIR DIE SIEL
youtube

BABY MARROW FRITTERS VINNIGE GERO-DOOPSOUS
Bestandele
125 ml room
250 ml ongegeurde Gero-jogurt
wit uie soppoeier na smaak
vars suurlemoensap
vars gemaalde swartpeper
Metode
  1. Klits room tot styf en roer jogurt by. Geur met droë soppoeier, na smaak.
  2. Voeg suurlemoensap en swartpeper by na smaak. Laat staan vir minstens 1 uur sodat geure kan
    meng en soppoeier vog absorbeer.
  3. Bedien met ''n verskeidenheid groente, as slaai of as versnappering.
WENK: Hierdie sous is heerlik saam met gebakte aartappel of as doopsous saam met skyfies en kaas krulle.
Die doopsous kan ook as toebroodjie smeer gebruik word.

BABY MARROW FRITTERS

TZAZIKI

Bestandele
1 Engelse komkommer, fyngekap of gerasper
300 ml ongegeurde jogurt, gedreineer
250 ml gladde Gero-maaskaas
Gemaalde knoffel na smaak
Sout en vars gemaalde swart peper
Vars gekapte groen ment na smaak.
Metode
  1. Ontwater komkommer deur sout oor te strooi en dit vir ongeveer 15 minute te laat staan. Dreineer.
  2. Dreineer jogurt deur dit in kaasdoek te skep in 'n sif bo-op 'n mengbak. Laat staan vir 30 minute. Roer saam met maaskaas by komkommer.
  3. Geur met knoffel, sout, peper en ment en laat staan vir geure om te ontwikkel.
  4. Bedien saam met koue vleis of soos verkies.
WENK: Indien die jogurt te loperig is, plaas dit in kaasdoek in 'n sif of vergiettes. Skep jogurt daarin en laat dit vir 1 uur by kamertemperatuur staan. Gebruik dan soos verkies. Gebruik die water in gesondheids drankies of in 'n smoothie
(dit het baie proteïen want dit is wei).

Diabetic Strawberry Cheesecake GERO-JOGURTTERT
8–10 porsies
Bestandele
1 pakkie Tennis-beskuitjies
1 liter vanilla Gero-jogurt  
2 pakkies jellie (40 g low cal) grenadella & pynappel
125 ml warm water
125 ml koue water
Metode
  1. Pak die heel beskuitjies stewig onder in 'n tertbak van 300 mm x 300 mm.
  2. Maak jellie aan met kookwater en roer tot opgelos. Roer koue water by.
  3. Laat afkoel en meng met jogurt.
  4. Giet mengsel versigtig oor beskuitjies, plaas in yskas en laat stol.
WENK: Enige geur jogurt kan gebruik word solank die geur van die jogurt pas by die geur van die jellie wat gebruik word.
Diabete kan diabetiese jellie gebruik.

BABY MARROW FRITTERS GERO-ROOMYS
8 porsies
Bestandele
1 blik (380 g) laevet ingedampte melk, goed verkoel
500 g vetvrye exotic-bessie Gero-jogurt
125 ml (85 g) suiker of (SUGAlite)
Metode
  1. Klits die koue ingedampte melk met 'n elektriese klitser teen hoë spoed tot skuimerig en styf.
  2. Klits jogurt by. Sprinkel lagies suiker oor die skuimerige mengsel en voeg vanilla by.
  3. Giet mengsel in 'n geskikte bak. Klits die mengsel na die eerste halfuur om yskristalle te verklein en daarna elke 15 minute tot gestol. Laat dan oornag in vrieskas om hard te word.

BABY MARROW FRITTERS GERO-MAASKAASROOMYS
Bestandele
1 blik (380 g) laevet ingedampte melk, goed verkoel
250 g vetvrye gladde Gero-maaskaas
125 ml (85 g) suiker of (SUGAlite)
5 ml vanilla
Metode

  1. Klits die koue ingedampte melk met elektriese klitser teen hoë spoed tot skuimerig en styf.
  2. Klits maaskaas by. Sprinkel lagies suiker oor die skuimerige mengsel en voeg vanilla by.
  3. Giet mengsel in ’n geskikte bak en plaas in vrieskas.
  4. Klits die mengsel na die eerste halfuur om yskristalle te verklein en daarna elke 15 minute tot gestol.
    Laat oornag in vrieskas om hard te word.

Chocolate cereal crusts with Gero yoghurt and fruit SJOKALADEGRAANKORSIES
18 porsies van 65 mm x 27 Mm
Bestandele
100 g botter
100 g suiker of 60 ml fruktose
50 ml gouestroop of heuning
20 ml kakaopoeier
180 g (700 ml) graanvlokkies of All-Bran
50 ml gemengde sade, byvoorbeeld pampoensaad, lynsaad, sesamsaad en papawersaad
Metode
  1. Gebruik medium grootte kastrol en verhit botter, suiker, stroop en kakao. Bring tot kookpunt.
  2. Roer graanvlokkies en sade by en roer deur.
  3. Skep mengsel in gesmeerde muffinpannetjies of silikoon vormpies en druk liggies vas om 10 mm -dik korsie te vorm.
    Laat afkoel en bewaar in lugdigte houer.
  4. Bedien as basis vir enige vrugte en jogurt of net jogurt. Bedien as ontbyt of vinnige nagereg.

Gesondheids broodjie GERO-GESONDHEIDSBROODJIE
6–8 snye
Bestandele
250 ml All-Bran
250 ml nutty wheat
250 ml koekmeel
5 ml koeksoda
25 ml bruinsuiker
5 ml sout
500 ml ongegeurde Gero-jogurt
Metode
  1. Meng droë bestanddele.
  2. Roer die jogurt by en meng tot glad.
  3. Gooi in gesmeerde broodpannetjie en bak by 180°C vir 45–60 minute tot gaar en goudbruin. Bedien soos verkies.

joghurtpolenta-randkoek (flan) (TV-aanbieding  11 Februarie 2013 )
Bestandele
Randkoek:
6 eiers, geskei
200 ml strooisuiker
200 ml ongegeurde Gero jogurt
gerasperde skil van 1 lemoen
150 ml fyn geel mieliemeel
180 g gemaalde amandels (amandelmeel)

Versiersel:
100 ml strooisuiker
50 ml mielieblom
3 eiergele
500 ml ongegeurde Gero jogurt
5 ml vanieljegeursel
vrugte in seisoen

Metode
  1. Klits die eiergele en suiker in ’n bak tot lig en romerig.
  2. Roer die jogurt en lemoenskil by en klits.
  3. Vou mieliemeel en amandelmeel in die jogurtmengsel in.
  4. Klits eierwitte tot stywe punte vorm en vou ook in die mengsel in.
  5. Skep in gesmeerde randkoekpannetjies, deursnit 8 cm of 10 cm, en bak vir 15 tot 20 minute tot goudbruin en gaar. Laat afkoel, keer uit en gebruik soos verkies met Gero jogurtvulsel en vrugte.
Vulsel:
  1. Klits die suiker en eiergele tot lig en romerig, en roer mielieblom by.
  2. Verhit jogurt in ’n kastrol oor lae hitte en roer die eiermengsel by. Roer aanhoudend tot dik en gaar. Hou die temperatuur laag en verwyder van hitte net voordat dit borrel en kook.
  3. Voeg die geursel by, skep uit die kastrol en verkoel tot die mengsel stewig is.
  4. Net voor opdiening, skep jogurtvulsel bo-op indiwiduele randkoekies en pak geroosterde vrugte bo-op.
Vrugte:
Sny vrugte in happiegroottes. Rooster vrugte wat geskik is daarvoor, soos nektarines of mango, in ’n riffelpan. Skep uit pan en laat heeltemal afkoel.  Skep ’n verskeidenheid vrugte bo-op elke randkoekie en bedien.

Stokvis in gero sous (TV-aanbieding  11 Februarie 2013 )
Bestandele
800 g stokvis, sonder vel en grate
2 medium uie, gekap en gebraai
10 ml Canola olie
50 ml tamatiepesto
50 ml basiliekruidpesto
25 ml mielieblom
sout
varsgemaalde swartpeper
300 ml ongegeurde Gero jogurt
100 ml room
kersietamaties, gehalveer
Metode
  1. Pak stokvismootjies (ongeveer 6) in 'n enkel laag in'n plat oondvaste bak.
  2. Meng gebraaide ui, pesto, mielieblom, geurmiddels, jogurt en room in 'n maatbeker en meng goed. Giet die sous oor die vis.
  3. Pak tamaties bo-op soos verkies en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 40 minute tot gaar.
  4. Bedien met pasta of bruinrys en groente.

GOJI-BESSIE-KOLWYNTJIES
24 porsies
Bestandele
30 ml canola-olie
125 ml suiker
2 eiers, geskei
250 ml goji-bessie of ongegeurde Gero-jogurt
250 ml afgeroomde melk
5 ml vanillageursel
250 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
3 ml kaneel      
500 ml hawermoutsemels
125 ml volgraan Pronutro
125 g droë goji-bessies, oornag
geweek in 200 ml water
Metode
  1. Voorverhit oond tot 180°C.
  2. Plaas papiervormpies in muffinpannetjie met 24 holtes van 60 mm deursnit.
  3. Meng olie, suiker, eiergele, jogurt, melk en geursel in 'n groterige mengbak.
  4. Sif die meel, bakpoeier en kaneel oor die jogurt mengsel.
  5. Strooi hawer semels en pPronutro bo-oor en roer in tot goed gemeng.
  6. Skep die geweekte bessies op die mengsel en vou in.
  7. Klits eierwitte styf tot sagte punt stadium en vou in die beslag in.
  8. Skep die beslag in papier koppiesvormpies tot ¾ vol.
  9. Bak dadelik vir 20 minute tot goudbuin en gaar. Laat afkoel op draadrak afkoel.
  10. Maak 'n holte in die koekies met 'n appelboor en skep vanilla Gero -jogurt daarin.
    Laat jogurt ook die bokant van die koekie bedek vir as versiering. Bedien en geniet.